© 2023 by On the road. Proudly Created with Wix.com

  • Pinterest - Grey Circle
  • Facebook - Grey Circle

Grafiese aspekte van die boek en webwerf:

My Avontuur met Lees

Kom leer lees met al die maats van die sirkus. Daar is At, die nar, wat val op die mat en almal laat lag. Kom ontmoet vir Set, met sy hen Bes; en vir Nel, die sirkusbaas. Daar is ook al die sirkusdiere om te kom sien. En wat van 'n lekker rit op die sirkustrein?

 

Jou kind sal lag-lag leer lees soos hy hierdie karakters ontmoet. 

 

In hierdie avontuur, leer jou kind stelselmatig die verskillende klanke, grammatika, spelling en skryfleer van ons pragtige taal. Dit begin by die maklikste spelreël en vorder na moeiliker reëls. Jou kind ontmoet nie taalkonsepte voordat hy daarvan geleer het in die ander avonture nie. Die wonderlike produk is 'n selfversekerde klein lesertjie wat groei in hom/haar kennis van die Taal.

 

Stories in die My Avontuur met Lees Deel 1

At, die nar (Spelreël 1,kort a)

Set en die hen (Spelreël 1,kort e)

Nel, die sirkusbaas (Spelreël 1, langer e)

At se vis (Spelreël 1,kort i)

Set se hond, Kol (Spelreël 1,kort o)

Rut, die vul (Spelreël 1,kort u)

Die diere van die sirkus (Spelreël 2, lang klanke in toe lettergreep)

At en die sirkustrein (Spelreël 2, lang klanke in oop lettergreep)

Set se speelgoed (Spelreël 1, verdubbeling van medeklinker)

My Avontuur met Lees Deel 2

At se Goue Beker (woorde wat eindig met -er,-en,-es en -el)

Die Dieretuin (woorde wat begin met be-,ver-, ge- en te-)

Die Kunsklas (woorde wat eindig met -ig en-ik)

Avontuur in die woud (woorde wat eindig met d of t)

By die Dokter (ng en nk)

Die Rympie Kompetisie (f en v)

 

 

 

Kyk na voorbeeld

  • Pinterest - White Circle