© 2023 by On the road. Proudly Created with Wix.com

  • Pinterest - Grey Circle
  • Facebook - Grey Circle

Grafiese aspekte van die boek en webwerf:

Meer oor Deel 2

Deel 2 van My Afrikaanse Avontuur sit die avontuur voort met nuwe leermaatjies en nuwe leerstof.

Vir meisies is daar super meisies, feetjies en bye meisies wat jou dogter self kan benoem en wat haar sal help.

Vir seuns is dit super seuns, kampeerdertjies en robotte wat hom opgewonde oor Taal sal maak.

In elke avontuur word nuwe leerstof gedek, terwyl daar baie hersiening ook gedoen word.

Hier is die inhoud van deel 2:

My Avontuur met Lees 2

At se Goue Beker (woorde wat eindig met -er,-en,-es en -el)

Die Dieretuin (woorde wat begin met be-,ver-, ge- en te-)

Die Kunsklas (woorde wat eindig met -ig en-ik)

Avontuur in die woud (woorde wat eindig met d of t)

By die Dokter (ng en nk)

Die Rympie Kompetisie (f en v)

My Avontuur met Spel 2

-Woorde wat eindig met -er,-en,-es en -el (Spelreël 5)

-Woorde wat begin met be-,ver-, ge- en te- (Spelreël 6)

-Woorde wat eindig met -ig en-ik (Spelreël 7)

-Woorde wat eindig met d of t (Spelreël 8)

-ng en nk (Spelreël 9)

-f en v (Spelreël 10)

In Deel twee word verkleining, trappe van vergelyking en

alfabetiese volgorde ook behandel.

My Avontuur met Taal 2 

-Bywoord

-Hulpwerkwoord van tyd en wyse

-Werkwoord: oorganklik of onoorganklik; koppelwerkwoord

-Voegwoorde

-Tussenwerpsels

-Telwoorde: hoof- en rang-

Deel twee het ook 'n gediggie bundel en begripslees afdeling.

My Avontuur met Skryf 2 

-Aanhalingstekens en dubbelpunt; Dubbelpunt en lysie

-Verlede tyd

-Negatief

-Enkelvoudige en saamgestelde sinne

-Paragraaf

-Gedigte

In die eerste drie lesse word sinsontleding ook behandel. Die kind kyk na wat is 'n onderwerp, 'n gesegde en 'n voorwerp.

1/6

Kyk na voorbeeld:

Meisies

Seuns

  • Pinterest - White Circle