© 2023 by On the road. Proudly Created with Wix.com

  • Pinterest - Grey Circle
  • Facebook - Grey Circle

Grafiese aspekte van die boek en webwerf:

'n Bietjie meer oor myself...

My naam is Rosa en ek is ‘n huisvrou en tuisskoler ma van 5. Ek bly in Johannesburg. Ek is passievol oor ‘n paar dinge: Jesus, lewe, my rol as vrou, om te onderrig, en tale. Vandat ek kan onthou, was ek geïnteresseerd in hoe tale werk. Ek onthou hoe spelling en lees vir my natuurlik gekom het en hoe ek myself leer Engels lees het. In die hoërskool, het ek vakansies my Franse woordeboek saamgeneem om ekstra woordeskat te kry. Ek het ook tale aan die Universiteit van Kaapstad gestudeer waar ek meer gefokus het op Engels, Frans en moderne Hebreeus. Dit was eers toe ek begin kinders kry en my eersteling wou leer om te lees, dat my fokus terug na Afrikaans gekeer het.

Ek het verlief geraak op die “Classical Education” as ‘n filosofie van onderrig, veral in hoe Charlotte Mason dit uitgedruk  het. Ongelukkig kon ek nie ‘n Afrikaanse program vind wat stelselmatig die kind blootstel aan die spel- en taalreëls van ons kosbare taal nie. Dit het my frustreer dat ‘n eerste leesboekie al direkte rede en woorde soos 'hardloop’  bevat het.

Ek het ‘n program gesoek wat die kind saggies en stelselmatig aan nuwe klanke en konsepte blootstel, maar nie op ‘n vervelige manier nie. Uit ervaring het ek  gesien dat kinders beste leer deur te speel en dit is hoe, stadig maar seker,  hierdie konsep van My Afrikaanse Avontuur begin ontwikkel het.

Ek hoop dat hierdie produk

baie ander mammas sal help en dat daar

baie Afrikaanse kinders sal wees wat taal

in al sy aspekte liefhet.

Groete

Rosa Scheepers

  • Pinterest - White Circle