© 2023 by On the road. Proudly Created with Wix.com

  • Pinterest - Grey Circle
  • Facebook - Grey Circle

Grafiese aspekte van die boek en webwerf:

Search
  • Rosa

Afrikaanse Spreekwoorde


Ek het nie juis groot geword met 'n Afrikaans vol spreekwoorde en uitdrukkings nie. Ek kan onthou hoe ek altyd geluister het na my vriendin op hoërskool se Afrikaans wat ingekleur was met allerhande interessante spreekwoorde. Ek wou ook so 'n Afrikaans hê.

Spreekwoorde en uitdrukkings is immers dit wat 'n taal uniek maak; daardie 'je ne sais quoi' wat nie regtig vertaal kan word nie. Daarom het ek nooit van vertaling gehou nie, want hoe bring jy hierdie beelde in die vertaling in sonder om die siel van die taal te verloor?

Vandat my tuisskool avontuur begin het, wou ek graag my kinders blootstel aan die diverse uitdrukkings en spreekwoorde van ons taal. En vandag wil ek my mede Afrikaanse ouers uitdaag om ook dit deel van hul alledaagse lewe te maak. So hou ons ons taal lewendig en gee ons aan ons kinders die kleure van hul taal.

Hier sal ek die verskillende uitdrukkings probeer uitbeeld en verniet beskikbaar stel. Op Facebook kan julle deel hoe julle dit gebruik het in jul alledaagse lewe. Wie is reg vir hierdie uitdaging?


242 views
  • Pinterest - White Circle