© 2023 by On the road. Proudly Created with Wix.com

  • Pinterest - Grey Circle
  • Facebook - Grey Circle

Grafiese aspekte van die boek en webwerf:

Search
  • Rosa

Dobbelsteen speletjies


Ek wil al lankal hierdie dobbelsteen speletjie maak. Kinders gee nie om om te leer as hulle speel nie. Met hierdie speletjie is daar baie visuele, kinestetiese en ouditiewe stimulasie. Daar is ook baie herhaling, en so word die klanke goed gevestig. Somtyds kan dit oorweldigend wees vir 'n kind om te leer lees en spel, maar met hierdie speletjie sal hy/sy glad nie die druk ervaar nie.

Daar is vier verskillende dobbelstene: kort oop klanke, lang klanke, diftonge en dubbel aanvangsklanke (soos kl, kr, pl, pr, bl en sp). Hierdie klanke word ook gebruik in die eerste stories van My Afrikaanse Avontuur.

'n Mens kan dit uitdruk op karton of selfs lamineer. Dis net vir 'n kort rukkie verniet beskikbaar.

Hoop julle geniet die!


349 views
  • Pinterest - White Circle