© 2023 by On the road. Proudly Created with Wix.com

  • Pinterest - Grey Circle
  • Facebook - Grey Circle

Grafiese aspekte van die boek en webwerf:

August 17, 2017

December 31, 2016

September 13, 2016

Please reload

onlangs

My Afrikaanse Avontuur is uiteindelik hier!

June 19, 2016

 

Die avontuur het begin een Sondagmiddag, einde Mei 2015. Ek was besig om 'n middagslapie te neem, maar ek kon nie aan die slaap raak nie. Dit was heelwaarskynlik die kaffiëne van my cuppachino wat ingeskop het, maar die gedagtewiel in my kop het vinnig begin draai. My tweede kind, 'n dogter, is byna in Graad 1 en ek het nogsteeds nie 'n Afrikaanse program gevind wat aan my vereistes voldoen nie...

 

Vandat my kinders babas was, was ek verlief op die "Classical Education," of Klassieke Opvoedingsmodel (self vertaal). Dit maak vir my net uiters sin. Om 'n kind stelselmatig te leer hoe om kennis te hanteer, hoe om dit te interpreteer en hoe om dit weer te gee, dit was vir my die doel van skool. Dit maak sin om 'n kind se wêreld stelselmatig in te kleur met die grammatika van alle kennis. 

 

Ongelukkig, het ons taalprogramme begin wegbeweeg van hierdie ideaal. Ek kon net nie 'n program kry wat 'n kind stadig maar seker blootstel aan die verskillende fasette van taal nie. So, ek het probeer om dit self aan te pak met my eersteling. 

 

Wat ek gevind het is dat dit is moeilik om jou eie ding vol te hou; so ons het net los en vas Afrikaans gedoen. Dis eers met kind nommer 2 wat ek besluit het dat ek gaan probeer 'n program bymekaar sit.

 

In een middag het die storie van At, die Nar, Set se hen en Nel, die sirkusbaas uit my pen gevloei. Ek wou graag die stories ook gebruik om die kinders aan grammatika en skryfleer voor te stel en het dus met elke storie een konsep uit elkeen gebruik. Stadig maar seker het die hele formule vir die program bymekaar gekom. 

 

Ek het gedink dat as ek net hard werk, dan kan ek binne drie maande klaar wees. Op die ou-einde het dit 'n volle jaar geneem! Ek het die program op my seun en dogter getoets en kon duidelik sien wat werk en wat werk nie. 

 

Ek is so bly en verlig dit is uiteindelik klaar. Ek hoop 'n hele paar kinders sal leer lees met hierdie program. Ek hoop 'n hele paar tuisskolers sal kan ontspan met hierdie taalprogram. Ek hoop dat die program ander sal inspireer om ook tuisskoolmateriaal in Afrikaans te ontwikkel. Ek hoop bowenal dat hierdie program saam met al die ander pogings, ons Afrikaanse taal lewendig sal hou. Dis 'n pragtige taal; 'n opwindende taal. Dis 'n Afrikaanse avontuur!

 

 

 

 

 

 

Please reload

volg ons
Please reload

sleutelwoorde
  • Facebook - Grey Circle
  • Pinterest - Grey Circle
  • Google+ - Grey Circle
  • Pinterest - White Circle