© 2023 by On the road. Proudly Created with Wix.com

  • Pinterest - Grey Circle
  • Facebook - Grey Circle

Grafiese aspekte van die boek en webwerf:

August 17, 2017

December 31, 2016

September 13, 2016

Please reload

onlangs

‘n Spelfout hou my nederig.

June 29, 2016

 

Ek is taamlik impulsief: ek koop die eerste ding wat ek sien; ek spandeer nie ure om dinge te ondersoek nie en… ek ‘post’voor ek my spelling deurgegaan het!

 

Ek was so opgewonde om My Afrikaanse Avontuur aan die publiek voor te stel, dat ek my advertensie so gou as moontlik wou uitkry. Tot my liefste ma vir my uitgewys het dat ek ‘ondewyser’ in plaas van ‘onderwyser’ geskryf het. My hart het net daar gesak. In my boekies, gaan ‘n spellingsprogram nie saam met ‘n spelfout nie. Ek het tikkery vervloek, want sou ek dit geskryf het, sou ek nooit daardie fout gemaak het nie. Ek het orals gesoek waar om hierdie spelfout te korrigeer. Ek het dit gevind, maar ongelukkig het Google dié glips verewig in sy geheue gegraffeer.

 

Die resultate: ek moet elke keer sien hoe die spelfout my in die oë staar en my koggel. En dan word ek opnuut weer nederig gemaak. Ek is seker daar is meer mense wat met my kan vereenselwig as ek foute soos ander maak.

 

My Afrikaanse Avontuur is ook ‘n plat-op-die-aarde program; ‘n program waarmee enige een kan vereenselwig en kan geniet.  Ek hoop dit bring ouer en kind nader aan mekaar soos hulle lekker saam leer, saam sing en somtyds selfs saam worstel… maar uiteindelik lekker saam lag!

Please reload

volg ons
Please reload

sleutelwoorde
  • Facebook - Grey Circle
  • Pinterest - Grey Circle
  • Google+ - Grey Circle
  • Pinterest - White Circle