© 2023 by On the road. Proudly Created with Wix.com

  • Pinterest - Grey Circle
  • Facebook - Grey Circle

Grafiese aspekte van die boek en webwerf:

August 17, 2017

December 31, 2016

September 13, 2016

Please reload

onlangs

Al ooit gehoor van'n Klassieke Opvoeding?

July 5, 2016

 

My eersteling was bietjie meer as ‘n jaar, toe ek  ‘n boek optel: The Well-Trained Mind deur Susan Wise Bauer. Ek het dit begin lees en ek was vinnig oortuig… dit was hoe ek my kinders wil tuisskool.

 

Enige iemand mag dalk wonder hoe kon ek so vinnig iets wat só belangrik is besluit  en ook weet. My eie ervaring het my gemotiveer. Skool het my eintlik goed gepas. Ja, ek was opstandig teen die sisteem en het geskop teen die roetine en skooldrag, maar op ‘n akademiese vlak het ek goed presteer. Ek het matriek klaargemaak met agt onderskeidings.

 

Dit was dus ‘n reuse skok toe ek in universiteit kom en besef dat ek nooit geleer is om ‘n tesisstelling te maak en te substansieer nie. Ek het dit nie op skool geleer nie. En tog het hulle verwag dat ek dit al moes weet. Stadig maar seker het ek die slaggate in my eie skoolopvoeding raakgesien. Ten minste, het ek vinnig op die nuwe wa kon klim, maar dit was nie die geval met ander studente nie.

 

Ek wil dus graag my kinders ‘n skoolopvoeding gee wat hierdie slaggate elimineer; wat hulle sal voorberei vir die hantering van kennis wat van hulle sal verwag word as volwassenes.

 

Ek glo dat die Klassieke Opvoedingsmetode juis hierdie as doel voor oë stel. Ek wil julle dus voorstel aan hierdie metode, nie as die enigste metode om te tuisskool nie, maar net as ‘n opsie as jy ook hierdie doel vir jou kinders nastrewe. Vandat ek My Afrikaanse Avontuur aan die publiek bekend gestel het, het ek begin wonder hoeveel Afrikaanssprekendes van hierdie tipe opvoeding weet. Daarom wil ek graag bietjie meer verduidelik.

 

Die Klassieke Opvoeding (Classical Education) staan ook bekend as die Trivium. Die “tri-“ verwys na die drie fases waaruit hierdie filosofie bestaan. Dit is ‘n drie-stap proses om die kind se brein te ontwikkel. Die 12 jare van skool word dus in hierdie drie dele, naamlik die Grammatika fase, die Logiese fase en die Retoriese fase verdeel.

 

Die Grammatika fase (6-10) word so genoem, omdat jy die kind aan die grammatika van  die verskillende vakke van kennis voorstel. In taal, is dit diereëls van die taal in lees en skryf. In Geskiedenis, is dit al die feite van die wêreld se Geskiedenis en so ook in die wetenskappe. Dit is die fase waar die kind nie vrae vra nie; hy/sy aanvaar net die feite wat gegee word. Vir my, is hierdie fase waar jy die kind se wêreld inkleur met al die feite. Wanneer hy/sy hoor van Harvard Universiteit, dan het hy/sy klaar daarvan in Geskiedenis geleer en is dit baie opwindend! In hierdie fase word daar nie verwag van die kind om hom- of haarself uit te druk nie; daar word eerder verwag dat hulle ander kopiëer en so die kuns dan leer; soos die meesters in die verlede ook maar gedoen het. Vir my maak dit sin: kinders moet eers die vaardighede gegee word, voordat hulle hulself kan uitdruk. Dit is ook die fase waar kinders genot vind in memorisering en dus word feite, gediggies, reels en liedjies gememoriseer.

 

Die kind leer die reëls van die taal baie goed, want in die Logiese fase moet hy/sy al mooi kan skryf. Dit is die ouderdom van 11-14 en dit is wanneer kinders begin vra “hoekom?” Hoekom het die Tweede Wêreld Oorlog gebeur?  Wat het daartoe aanleiding gegee? Dan word al die verskillende vakke se feite weer oorgegaan, maar met ‘n ander uitgangspunt: om die vraag “hoekom” te beantwoord. Daar word ook Logika gedoen en na verskillende argumente gekyk.

 

Die laaste fase, die Retoriese fase, is van 15-18 jaar. Dit is die tyd in  jong mense se lewe wat hulle hulself wil uitdruk. Daarom word daar weer na al die kennis gekyk, maar die keer moet die persoon hom/haar eie argumente maak en konklusies trek en dit dan op ‘n oortuigende wyse weergee aan ander.

 

Teen die einde van hierdie tipe opvoeding, sal die kind ‘n goeie idee hê hoe om kennis reg te hanteer en hoe om die regte besluite in lig van al die feite te neem. Vir my, is een doel van skool om jou kind vaardighede te leer en ek dink dit gaan ‘n skaarse vaardigheid wees in die toekoms: hoe om kennis reg te hanteer.

 

Daar is verder drie kenmerke van ‘n klassieke opvoeding. Eerstens is dit gefokus op taal, veral in die geskrewe vorm. Dit behoort eers te bemeester word en dan kan beelde ingebring word. Hulle kyk nie videos en programme om kennis te kry nie; hulle lees dit in ‘n boek en skryf daaroor. Dit is ook sistematies, d.w.s kennis word stappie vir stappie in ‘n logiese volgorde geleer. Geskiedenis begin by die begin en word stelselmatig deurgewerk. Laastens is daar ‘n groot klem op die feit dat alle kennis is verbind. As jy leer in Geskiedenis van die tydperk wat fisika werklik ontwikkel het, leer jy oor fisika in Wetenskap.

 

Hierdie program is gestruktureerd en benodig dissipline. Dit mag dalk die rede wees hoekom sommige mense dit nie kies nie. Wat ek geleer het, is dat dissipline is nooit maklik in die begin nie, maar dit werk altyd met ‘n eindpunt in sig. Drie jaar in die proses sien ek alklaar wonderlike vrugte van hierdie filosofie.

 

Hierdie was maar net ‘n poging om die Klassieke Opvoedingsfilosofie aan julle te verduidelik. Julle kan gerus vrae vra as julle meer wil weet. Dit is miskien nie vir almal nie, maar dit is ‘n baie goeie opsie.Dit sal julle ook ‘n idee gee hoekom my program geskryf is in die manier wat ek dit gedoen het.

 

 

 

Please reload

volg ons
Please reload

sleutelwoorde
  • Facebook - Grey Circle
  • Pinterest - Grey Circle
  • Google+ - Grey Circle
  • Pinterest - White Circle