© 2023 by On the road. Proudly Created with Wix.com

  • Pinterest - Grey Circle
  • Facebook - Grey Circle

Grafiese aspekte van die boek en webwerf:

August 17, 2017

December 31, 2016

September 13, 2016

Please reload

onlangs

Expo opwinding

September 13, 2016

Op 20 Augustus 2016, om 8:00am ry ek by die Pretoria Chinese School in, heeltemal onseker oor wat om te verwag van die eerste ekspo. Dis 'n klein mylpaal vir My Afrikaanse Avontuur om vir die eerste keer by 'n ekspo uit te stal. Ek pak my goedjies uit om my rooi tafeldoek en is gelukkig 9:00 reg vir die deure wat oopmaak aan die publiek.

 

Ek was nog al die pad onseker oor wat om van hierdie ekspo te verwag. Moes ek verkope nastrewe? Ek wou nie teleurgesteld wees nie en wou daarom die dag met die regte verwagtinge begin. Hulle het geopen met 'n versie uit die Bybel en met gebed. Die Here het saggies my laat weet: Geniet dit net!

 

Dit is presies wat ek ook gedoen het. Ek het elke oomblik van die ekspo geniet: die gesels met ander uitstallers, die praat met mense wat stilstaan by my tafel, die gesprekke oor tuisskool, selfs die bietjie raad hier en daar. Die dag was lewendig met energie en gesels. 

 

Die beste van alles was as 'n kind verby die boeke geloop het en gestop het om heel nuuskierig na die helpertjies te kyk. Dan het ek sekerheid gekry dat my program wel kinders bereik op hulle vlak.

 

Nou is daar nog 'n ekspo wat op my wag: die Johannesburg Tuisskool Ekspo. Ek kan nie wag nie. Ek sien uit om met nuwe mense te gesels, nuwe vriende te maak en nuwe verkope te maak. Ek sien uit om dit net te geniet bowenal en die Here te vertou vir die res.

 

 

Please reload

volg ons
Please reload

sleutelwoorde
  • Facebook - Grey Circle
  • Pinterest - Grey Circle
  • Google+ - Grey Circle
  • Pinterest - White Circle