© 2023 by On the road. Proudly Created with Wix.com

  • Pinterest - Grey Circle
  • Facebook - Grey Circle

Grafiese aspekte van die boek en webwerf:

August 17, 2017

December 31, 2016

September 13, 2016

Please reload

onlangs

Hoe ek die klassieke onderrigsmodel gebruik het in Graad 1

April 10, 2017

Hallo Jani,

Ek skryf gougou vir jou die epos wat ek belowe het. Ek is mal oor die Klassieke Onderrigsmetode en, na 4 jaar, sien ek die vrug daarvan. Wat ek gedoen het, is om net die relevante deel van The Well-Trained Mind te lees (die verduideliking en die grammatika fase) om ‘n goeie begrip van die klassieke metode te kry en om te weet wat nou van my verwag word. In die grammatika fase leer die kind soveel as moontlik feite oor sekere vakke in ‘n sekere volgorde. Geskiedenis word in 4 jare opgedeel en die ander vakke draai rondom hierdie geskiedenis (Story of the World gee ‘n goeie idee). In hierdie fase is dit ook belangrik om die kind bekwaam te maak taal, sodat hy reeds kan skryf wanneer hy die volgende fase in beweeg, die logiese fase. In die grammatika fase vra die kind nie vrae nie. Hy/sy aanvaar net. Daarom gee mens feite.

Met hierdie kennis, het ek toe my eie leerstof bymekaar gemaak. Ek het ‘n lêer gemaak met verskillende afdelings: Wanneer (vir Geskiedenis) Waar (vir Aardykskunde) Wie (Vir bekende persone in kuns en musiek). Ek het ook afdelings vir Diere, plante en liggaam gehad (vir wetenskap).

Ek het hierdie lêer “My wêreld” genoem. Dan het ek ook ‘n tydlyn gehad vir Geskiedenis.

In die afdelings het ek blaaie gehad met dele waar hulle kon die titel skryf, waar hulle kon prentjies plak of teken, en waar hulle kon skryf. Dis waar hulle die oorvertelling (narration) doen, wat jy aan die begin vir hulle kan skryf. Soos hulle meer selfvertroue kry, kan hulle self begin skryf.

Ek het Story of the World vir Geskiedenis gebruik. Daar is Afrikaanse bronne, maar ek is absoluut gek oor Story of the World. Dit kweek ‘n groot liefde vir Geskiedenis by kinders.

As ons van Egipte in Geskiedenis geleer het, het ons na die land in Aardrykskunde ook gekyk.

Ek het die biblioteek baie gebruik vir hulpbronne.



Vir taal, het ons my program gedoen (dis een van die redes hoekom ek dit geskryf het, want ek het gesukkel om ‘n soortgelyke program te kry.) Dan het ek ook ‘n wiskunde program gekry wat ons gepas het, alhoewel ek oor die jare al verander het.

Die voordeel van die Klassieke Onderrigsfilosofie, is dat jou kind nie net ‘n uitsonderlike skoolopleiding kry nie, maar ook dat jy as ouer ‘n goeie idee het waar jy na twaal jaar gaan wees. Dit maak my baie 

Baie groete,

Rosa  

 

 

 

 

Please reload

volg ons
Please reload

sleutelwoorde
  • Facebook - Grey Circle
  • Pinterest - Grey Circle
  • Google+ - Grey Circle
  • Pinterest - White Circle