© 2023 by On the road. Proudly Created with Wix.com

  • Pinterest - Grey Circle
  • Facebook - Grey Circle

Grafiese aspekte van die boek en webwerf:

August 17, 2017

December 31, 2016

September 13, 2016

Please reload

onlangs

Stephané se ervaring

May 1, 2018

Elke keer wat ek My Afrikaanse Avontuur aan iemand verkoop, wonder ek hoe gaan daardie persoon dit ervaar. Gaan dit werklik 'n avontuur vir hulle wees? Gaan dit hulle help of hulle frustreer. My grootste begeerte is om mense te help en dit is dus vir my wonderli kas ek positieve terugvoer kry van ander. Ek deel graag hierdie brief van Stephané Burger met julle:

 

 

Hi Rosa!

  Ek wil graag met jou so 'n stukkie deel van ons ervaring van My Geskiedenis Avontuur!

 

Ervaring met My Afrikaanse Avontuur

  Mikayla (8) is kleinsus en sy is mal oor My Afrikaanse Avontuur, dit maak dit maklik vir my, om vir haar wat ‘n paar uitvalle het haar moedertaal te leer. Sy was vir 5 maande in Gr 1 in ‘n privaatskool in 2017 en kon glad nie in die klas omgewing aanpas nie, want sy is onder andere ook ‘n kinestetiese en visuele leerder. Sy is mal oor stories en toepassings aktiwiteite, maar toe ek besluit het dat die Klassieke model graag is hoe ek die kinders sal wil onderrig, het ek nog water getrap om presies te weet hoe ek dit alles sal toepas met haar (en ouboet Estian, 14) se afsonderlike leermetodes en leerder uitvalle! Niks het my meer vreugde verskaf toe ek die dag op jou Afrikaanse program afkom nie!

 

  Mikayla het na haar skool ervaring haar liefde vir leer tydelik verloor, sy wou niks weet van lees of skryf nie en alles was ‘n groot uitdaging, want die angs het haar behoorlik oorval as sy moes lees, skryf of spel. Sy kon nie eers haar alfabet onthou nie!

 

  Ek het die program probeer, maar het besef dat voor ons dit aanpak sal ek eers moet teruggaan na haar basis. Dit het 3 maande geneem om alles wat sy in Gr R en bietjie van Gr 1 weer te herhaal en vas te vang, maar ek moes alternatiewe metodes ondersoek, want sy het ouditiewe prosesserings probleme, moontlike disleksie en dyscalculia, om nie te praat van die swak selfbeeld na die skool ervaring nie!

 

  Ons het weer die begin van die jaar My Afrikaanse Avontuur nader getrek en nog nie een oomblik terug gekyk nie! Sy is baie kunstig en geniet die kleurvolle aanbieding, die speletjies en soos sy dit noem die rympies – wat die spelreëls is, en haar retensie van kennis is ongelooflik! DANKIE!!!! Duisend dankies vir jou inspirerende werk!

 

Ervaring met My Geskiedenis Avontuur

  Dit is dus geen geheim dat ek dadelik weggespring het met My Geskiedenis Avontuur toe ek dit sien op jou blad nie! Ons het reeds met Story of the World begin, en dit was so tyd rowend om alles in toepaslike Afrikaans oor te vertaal, dat ek die boek as “read-aloud”gebruik het en dan ander ensiklopidieë gebruik het om dmv. prente die hoofkonsepte weer aan haar te verduidelik in Afrikaans. Maar daar is ook ‘n boeta, pappa, besigheid en ‘n nuwe besigheid wat mamma se aandag vra en ek het so oorweldig gevoel dat Geskiedenis wat my een groot “major” in Universiteit was sommer gou na 1 uur per week verander het en totaal sy glinster verloor het!

 

  Met My Geskiedenis Avontuur kon ek weer fokus op die lekker van Geskiedenis en sy is mal daaroor! Dit was egter so lekker dat ouboet, wat by Florida Virtual School ingeskryf is, nie meer sy World History aanlyn wou doen nie maar eerder saam met ons! Selfs hy wat “middle school” geskiedenis doen vind die aktiwiteite ‘n plesier. Sy jaar is teen einde Julie klaar en dan val hy by ons nuwe tuisskool program in. Hy is ‘n “History boffin” soos sy ma en het van 4 jarige ouderdom geskiedenis boeke verslind. Hy het besluit hy wil weer ‘n 3 jaar van Wêreld Geskiedenis doen deur gebruik te maak van Master Books se “The World’s Story” terwyl hy ook Notgrass se Amerikaanse Geskiedenis program gaan volg, omdat hy voel die aanlyn program net so aan die oppervlak raak. En hy wil diep delf maar saam met ons – My Geskiedenis Avontuur het hom so opgewonde dat hy, wanneer sus geskiedenis doen sommer inklim en “klas gee”, want hy het alreeds die kennis so hy deel graag met kleinsus dit wat hy weet.

 

  Kortom: Jou programme het ons tuisskool help verander in dit wat ek gehoop het dit sal kan wees!

Dankie!

 

'n Bietjie oor Stephané:

  Stephané is self besig om haar eie tuisskool besigheid, Cubit Kids Edu (https://www.facebook.com/cubitskidsedu/), op die been te bring. Dit is 'n webwerf wat hopenlik sal dien as 'n platform om tuisskolers en kurrikulum verskaffers met mekaar te verbind in 'n manier wat almal sal baat. 

 

  Stephané skryf oor haar eie besigheid:

 

  Wat die besigheid betref, my idee is om vir ons Suid-Afrikaners dit makliker te maak om van die puik kurrikulum soos Notgrass en Elemental science makliker in SA te kry. Dus, het ek al met John Notgrass dit bewerkstellig om as Suid-Afrikaanse Agent/verskaffer op te tree. Maar ek wil ook ons Suid-Afrikaanse mark bou! In Amerika ondersteun die produk ontwikkelaars mekaar geweldig deur bv. ‘n kurrikulum produk soos Notgrass se Uncle Sam & You te verskaf in ruil vir ‘n review op die ander se webblad asook bemarking vir Notgrass op die webblad, daar is ook groot “affiliate memberships”...

 

  Dit is dus my groter visie, om Suid-Afrikaanse tuisskool produkte mark te verbind soos ‘n familie, dat ons mekaar ondersteun en so diende ons besighede uitbrei en uiteindelik met minder tyd meer gedoen kry, wat meer tyd vir ons families beteken en ook ‘n stabiele inkomste te verseker.

 

  Ek hoop dat daar nog ander families is wie se ervaring soortgelyk is aan Stephané en haar familie s'n.

 

Please reload

volg ons
Please reload

sleutelwoorde
  • Facebook - Grey Circle
  • Pinterest - Grey Circle
  • Google+ - Grey Circle
  • Pinterest - White Circle