© 2023 by On the road. Proudly Created with Wix.com

  • Pinterest - Grey Circle
  • Facebook - Grey Circle

Grafiese aspekte van die boek en webwerf:

August 17, 2017

December 31, 2016

September 13, 2016

Please reload

onlangs

Kan ek My Afrikaanse Avontuur mondelings doen?

April 25, 2019

Ek het vir drie jaar saam met ander mammas geskool. Van hulle het gesukkel met tuisskool, ander was siek en het tyd nodig gehad om te rus. Dit was 'n poging om hulle te help. Maar teen die einde van verlede jaar het ek besluit om weer alleen te skool. Dit was die regte keuse, maar ek het nie besef hoe uitdagend dit gaan wees nie.

 

Skielik was ek verantwoordelik vir 5 verskillende fases. My kinders se ouderdom is van 4 tot 11. Ek het 'n kleintjie wat haar alfabet leer, twee wat begin lees en twee wat meer komplekse werk al doen. Ek het nie besef dit gaan so veeleisend wees nie. Om seker te maak elkeen doen elke dag al sy werk... Dit het 'n rukkie geneem om 'n roetine te kry. En as ek moet eerlik wees, sukkel ek nogsteeds.

 

In die verlede, het twee dinge my nog altyd gehelp om by al die werk uit te kom: Eerstens doen dit wat jy nie by uitkom nie eerste. Ek begin met ons skoolroetine en doen die dinge wat die maklikste by die wa afval eerste. Daarna doen ons die belangrikste vakke soos wiskunde, want ek weet ek sal dit nie afskeep nie. Tweedens vind ek ander kreatiewe maniere om die werk te doen. Hierdie jaar het ek besef dat die enigste manier wat ek Afrikaans gaan inkry, is deur dit meestal mondelings te doen. 

 

Dit is hoe ek besef het tot watter mate die program homself verleen aan 'n mondelingse ervaring. Die kinders weet dit is iets wat ons elke dag doen en geniet dit sommer baie. Die herhaling sement die belangrikste konsepte baie beter as om net dit vinnig te doen en dan aan te beweeg. 

 

Hoe gaan ek te werk? Ons begin deur al die woordsoorte se liedjes te sing. Na elke liedjie vra ek vragies soos "Kan jy 'n voorbeeld van 'n werkwoord gee?" of "Sien jy enige selfstandige naamwoorde in die kamer?" Daarna sing ons die liedjes wat ons in die Skryfavontuur leer. Dit gaan oor sinne en sintipes en almal kry 'n beurt om verskillende sinne te maak. Daar is groot opwinding!

Ons herhaal ook die spelreëls en gee voorbeelde van elkeen. Na hierdie roetine kan my kinders die blaaie uit die boek doen terwyl ek my ander kinders help.

 

Vir tuisskolers daarbuite wat ook baie kinders het, glo ek dat hierdie metode baie kan help. Dit bly 'n opwindende avontuur, maar die beste is, dat hulle die konsepte goed leer met relatieve min moeite en ek het 'n goeie gewete.

Please reload

volg ons
Please reload

sleutelwoorde
  • Facebook - Grey Circle
  • Pinterest - Grey Circle
  • Google+ - Grey Circle
  • Pinterest - White Circle