© 2023 by On the road. Proudly Created with Wix.com

  • Pinterest - Grey Circle
  • Facebook - Grey Circle

Grafiese aspekte van die boek en webwerf:

My Avontuur met Taal

Met behulp van die storiekaraktertjies, leer jou kind op 'n genotvolle manier van die verskillende woordsoorte en hul werkies in ons taal. Elke afdeling begin met 'n verduideliking van die woordsoort wat gevolg word deur 'n definisie wat die kind kan memoriseer. Die definisie word nog verder geleer deur heerlike liedjies wat met bekende wysies gesing word. Elke afdeling het verskeie oefeninge, asook kopiewerk en oorvertelling wat beide die klassieke onderrigsfilosofie en die Charlotte Mason styl ondersteun.

 

Saam met hierdie avontuur kom daar ook 'n klein digbundel. Kinders is uiters lief daarvoor om gediggies te memoriseer. Deur die gediggies te memoriseer, word taalgebruik vasgelê in hul harte.

 

Die seuntjies se helpertjies is oulike seerowers. Die dogtertjies se maatjies is lemonade verkopertjies. Kom geniet saam met hulle hierdie ondervinding!

 

Inhoud Deel 1

-Werkwoorde

-Eiename

-Selfstandige naamwoorde

-Voorsetsels

-Voornaamwoorde

-Byvoeglike naamwoorde

 

Inhoud Deel 2 

-Bywoord

-Hulpwerkwoord van tyd en wyse

-Werkwoord: oorganklik of onoorganklik; koppelwerkwoord

-Voegwoorde

-Tussenwerpsels

-Telwoorde: hoof- en rang-

Deel twee het ook 'n gediggie bundel en begripslees afdeling.

 

1/8

Kyk na voorbeeld:

Meisies

Seuns

...toe ek nou na Taalleer gaan, het ons lekker gesing "die werkwoorde...hoera, hoera!" Dit was nou pret; ek het so gelag! Baie dankie, ek is gaande oor die program.

Rista Bampa, Parys

  • Pinterest - White Circle