© 2023 by On the road. Proudly Created with Wix.com

  • Pinterest - Grey Circle
  • Facebook - Grey Circle

Grafiese aspekte van die boek en webwerf:

So terloops, my dogter het gegaan van ek HAAT afrikaans na dis haar gunsteling vak! Sy is mal oor die feetjies en aktiwiteite en liedjies ens. Dis rerig nou iets wat ons ALBEI meer geniet en verg ook nie naastenby so baie voorbereiding nie en is ook nie so baie werk soos voorheen nie, die ander curriculum was regtig net hopeloos te veel werk!

Baie dankie vir so wonderlike curriculum!

-Lindy

Baie dankie Rosa! Ek en die kinders geniet Afrikaanse Avontuur verskriklik baie. Uitstekende werk.

- Esmé Gotze

The kids are very cute with the apie gedig .Also seem to be retaining their cvc words better, so this week they did the "E e" and appeared to remember Hen, pen,pet etc spelling better. I am still getting an animal instead of a cap, but the bits of your material we are using  definitely seem to be helping build their Afrikaans vocabulary, so thank you for sharing.


Thanks again for your help.

- Margie Carter (teacher at a remedial school)

Ek wil graag met jou deel dat my dogter (7) die program verskriklik baie geniet en dat dit haar baie gehelp het om te begin lees. Ons doen elke week werk uit al vier afdelings, gewoonlik net 1 bladsy van elke afdeling per dag en oefen dan die gediggies en liedjies maar so tussen-in. My dogter geniet die speletjies wat jy ingewerk het vreeslik baie!

- Lizelle Reynders

Dit is baie oulik gedoen! Die leerdertjies se grootste uitvalle steeds is oop- en toelettergrepe met die kort- en langklanke.

Gaan beslis gebruik, baie dankie!

Ook sulke oulike stories!! Asook die prettige manier van liedjies sing vir die verskillende soortname.

- Denise Zeeman

Ek is mal oor hierdie pdf van jou.

My kleinkind is nou 3½ en hy is mal oor letters so ek leer hom nou die letterklanke.

En jou drukstukke is perfek vir hom.

Baie dankie vir jou moeite om sulke oulike leerstukke aan ander beskikbaar te stel.

Ek hoop ons gaan die res van die alfabet ook gou sien.

- Laura Claassen

Net gou terugvoer, ons geniet jou program baie. Veral "hangman" en die inkleur.  
Ons gebruik selfs jou liedjies terwyl ons Engels leer om iets te verduidelik.
Dis wonderlik hoe dit vassteek in 'n mens se kop. Eers wou my kinders niks saamsing nie en het ek myself gekry die liedjies oor en oor vir hul sing (En ek is glad nie 'n sanger nie!!!)) So twee dae later, kry ek my 2 jongstes aan die speel iewers: besig om die taal liedjies vir hulself te sing!!

Baie dankie vir al jou harde werk!! 

-Marzanne Pretorius

  • Pinterest - White Circle