© 2023 by On the road. Proudly Created with Wix.com

  • Pinterest - Grey Circle
  • Facebook - Grey Circle

Grafiese aspekte van die boek en webwerf:

Ons is so dankbaar vir jou harde werk... ons het so week terug les 1 volledig voltooi.  Dit het ons regtig GOED en lank besig gehou...  Die kinders het dit ontsettend geniet en hulle is nog baie jonk (6 en 9).  Jou lesse is regtig vir elke ouderdom geskik.  Ons gaan volgende week met les 2 begin.

- Maureen

My kinders is mal oor die geskiedenis Avontuur en ek leer so lekker saam!
Baie dankie!

-Antoinette

My kinders is mal oor die geskiedenis Avontuur en ek leer so lekker saam!
Baie dankie!

-Antoinette

Ons doen so een les 'n week. Ek moet eerlik se dat ek en die seuns dit regtig leersaam vind en ons geniet dit baie! Jy doen baie goeie werk, dankie daarvoor!

-Christel

Baie dankie vir jou en jou span se harde werk hieraan Rosa! Dis verseker 'n kwaliteit produk!

 

Ons het laas Die Groot Plaag bespreek. My kinders het lekker geleer aan die Middeleue saam met My Geskiedenis Avontuur! Ons lief geskiedenis en jy het dit baie goed opgesom en prettig gemaak en goeie prente en aktiwiteite saam gesit! Dankie daarvoor!

-Janet Kieswetter

Die wiskunde (meetkunde) agter die Islamitiese kuns was vir ons baie insiggewend.  Ons het so bietjie dieper gedelf en die kinders het dit geniet om die patrone te probeer na-teken. Hulle het ook baie van die verhaal van Ali Baba gehou. 

 

Ons waardeer jou goed uiteengesette kurrikulum. Alhoewel dit 'n geskiedenis kurrikulum is, prikkel dit telkens ons nuuskierigheid om verder te gaan oplees en sodoende  spoel ons geskiedenis les ook sommer oor na wiskunde, aardrykskunde, kuns en nog meer. 

 

Baie dankie vir al jou moeite. Dit word opreg waardeer.

-Heidi

  • Pinterest - White Circle