top of page

ONS STORIE

LEER FILOSOFIE

My Afrikaanse Avontuur is die produk van 'n behoefte om 'n program te vind wat sistematies die verskillende taalkonsepte aan die leerder voorstel. So 'n program sal die kind nie bombardeer met vreemde leestekens en sintipes nie. Dit sal eerder die kind help om selfvertroue in taalgebruik te ontwikkel en 'n behoefte gee om self nog meer te leer.

 

My Afrikaanse Avontuur volg tot 'n mate die Klassieke Opvoedingsfilosofie (Classical Education) soos verduidelik in Susan Wise Bauer se boek, The Well-Trained Mind.'n Klassieke Opvoeding word opgedeel in drie dele. Daarom word dit ook die Trivium genoem, want dit is 'n "three-part process of training the mind" (Wise Bauer, 2004: p13) Die dele staan bekend as die Grammatika Fase; die Logiese Fase; en die Retoriese Fase. Hierdie program fokus op die Grammatika Fase. In hierdie fase word 'n kind aan soveel as moontlik feite van 'n onderwerp op 'n sistematiese wyse voorgestel en word die boublokke van verskillende onderwerpe neergelê.

 

Aangesien hierdie program die Klassieke Opvoedingsfilosofie volg, word die program opgedeel in leesontwikkeling, taalleer, spelling- en skryfleer. Op so 'n wyse word die leerder aan alle fasette van Taal bloot gestel reeds in die Grammatika fase.Daar is ook 'n klem op memorisering en oorvertelling, sodat die kind se geheue verskerp kan word.

 

Waar die program verskil met die Klassieke Metode, is dat die kind se verbeeldingswêreld, behoefte om te speel, en genot in probleemoplossing ook in ag geneem word. Daarom is die boeke kleurvol met storiekarakters. Daar word op 'n spelende wyse geleer en die kind kan met trots hierdie groot avontuur van Taal aanpak.

 

Hierdie program kan vir enige kind tussen 6 en 10 jaar gebruik word. Daar is geen druk om die konsepte dadelik perfek te kan regkry en te kan onthou nie. Eerder is my behoefte om jou kind voor te stel aan die wonderlike, opwindende wêreld van Taal. Met herhaling en tyd sal die konsepte die instrumente raak waarmee jou kind alle leerareas aanpak.

'n Bietjie meer oor myself...

My naam is Rosa en ek is ‘n huisvrou en tuisskoler ma van 5. Ek bly in Johannesburg. Ek is passievol oor ‘n paar dinge: Jesus, lewe, my rol as vrou, om te onderrig, en tale. Vandat ek kan onthou, was ek geïnteresseerd in hoe tale werk. Ek onthou hoe spelling en lees vir my natuurlik gekom het en hoe ek myself leer Engels lees het. In die hoërskool, het ek vakansies my Franse woordeboek saamgeneem om ekstra woordeskat te kry. Ek het ook tale aan die Universiteit van Kaapstad gestudeer waar ek meer gefokus het op Engels, Frans en moderne Hebreeus. Dit was eers toe ek begin kinders kry en my eersteling wou leer om te lees, dat my fokus terug na Afrikaans gekeer het.

Ek het verlief geraak op die “Classical Education” as ‘n filosofie van onderrig, veral in hoe Charlotte Mason dit uitgedruk  het. Ongelukkig kon ek nie ‘n Afrikaanse program vind wat stelselmatig die kind blootstel aan die spel- en taalreëls van ons kosbare taal nie. Dit het my frustreer dat ‘n eerste leesboekie al direkte rede en woorde soos 'hardloop’  bevat het.

Ek het ‘n program gesoek wat die kind saggies en stelselmatig aan nuwe klanke en konsepte blootstel, maar nie op ‘n vervelige manier nie. Uit ervaring het ek  gesien dat kinders beste leer deur te speel en dit is hoe, stadig maar seker,  hierdie konsep van My Afrikaanse Avontuur begin ontwikkel het.

Ek hoop dat hierdie produk 

baie ander mammas sal help en dat daar 

baie Afrikaanse kinders sal wees wat taal 

in al sy aspekte liefhet.

Groete 

Rosa Scheepers

family-pic.png
Voorskool-box.png

Leer meer

Afrikaans-box.png

Leer meer

Geskiedenis-box.png

Leer meer

SAGesk.png
Frans-box.png

Leer meer

bottom of page