top of page

AFRIKAANS

Kyk na voorbeeld

PDF-icon.png
PDF-icon.png

Meisies

Seuns

MAA-DEEL-1.png

MY AFRIKAANSE AVONTUUR - Deel 1

 

​

Lees

Kom leer lees met al die maats van die sirkus. Daar is At, die nar, wat val op die mat en almal laat lag. Kom ontmoet vir Set, met sy hen Bes; en vir Nel, die sirkusbaas. Daar is ook al die sirkusdiere om te kom sien. En wat van 'n lekker rit op die sirkustrein?

 

Jou kind sal lag-lag leer lees soos hy hierdie karakters ontmoet. 

 

In hierdie avontuur, leer jou kind stelselmatig die verskillende klanke, grammatika, spelling en skryfleer van ons pragtige taal. Dit begin by die maklikste spelreël en vorder na moeiliker reëls. Jou kind ontmoet nie taalkonsepte voordat hy daarvan geleer het in die ander avonture nie. Die wonderlike produk is 'n selfversekerde klein lesertjie wat groei in hom/haar kennis van die Taal.

 

Stories in die My Avontuur met Lees Deel 1:

At, die nar (Spelreël 1,kort a)

Set en die hen (Spelreël 1,kort e)

Nel, die sirkusbaas (Spelreël 1, langer e)

At se vis (Spelreël 1,kort i)

Set se hond, Kol (Spelreël 1,kort o)

Rut, die vul (Spelreël 1,kort u)

Die diere van die sirkus (Spelreël 2, lang klanke in toe lettergreep)

At en die sirkustrein (Spelreël 2, lang klanke in oop lettergreep)

Set se speelgoed (Spelreël 1, verdubbeling van medeklinker)

​

​

Taalleer

Met behulp van die storiekaraktertjies, leer jou kind op 'n genotvolle manier van die verskillende woordsoorte en hul werkies in ons taal. Elke afdeling begin met 'n verduideliking van die woordsoort wat gevolg word deur 'n definisie wat die kind kan memoriseer. Die definisie word nog verder geleer deur heerlike liedjies wat met bekende wysies gesing word. Elke afdeling het verskeie oefeninge, asook kopiewerk en oorvertelling wat beide die klassieke onderrigsfilosofie en die Charlotte Mason styl ondersteun.

 

Saam met hierdie avontuur kom daar ook 'n klein digbundel. Kinders is uiters lief daarvoor om gediggies te memoriseer. Deur die gediggies te memoriseer, word taalgebruik vasgelê in hul harte.

 

Die seuntjies se helpertjies is oulike seerowers. Die dogtertjies se maatjies is lemonade verkopertjies. Kom geniet saam met hulle hierdie ondervinding!

 

Inhoud Deel 1

-Werkwoorde

-Eiename

-Selfstandige naamwoorde

-Voorsetsels

-Voornaamwoorde

-Byvoeglike naamwoorde

​

Prys vir PDF (Deel 1):

My Afrikaanse Avontuur - Deel 1  

Pdf vir Meisies: R690

​

​

​

My Afrikaanse Avontuur - Deel 1  

Pdf vir Seuns: R690

​

​

​

My Afrikaanse Avontuur - Deel 1  

Pdf bundel vir Seuns en Meisies: R950

​

​

 

​

Skryf

Hierdie avontuur neem dieselfde vorm aan as My Avontuur met Taalleer. Jou kind word eers voorgestel aan 'n nuwe konsep soos sintipes, leestekens ensovoorts. Daar is ook 'n liedjie om die konsep vas te maak in die geheue wat deur oefeninge en speletjies gevolg word. 

 

Hierdie avontuur beoog om jou kind gereed te maak om goeie sinne en paragrawe met korrekte leestekengebruik te kan skryf. 

 

Cowboys help die seuntjies en pragtige prinsesfeëtjies help die dogtertjies om hierdie avontuur te voltooi.

 

Inhoud Deel 1

-Wat is 'n sin?

-Stelsin

-Uitroepsin en uitroepteken

-Bevelsin

-Vraagsin en vraagteken

-Komma

-Aanhalingstekens en komma

​

Spelling

In hierdie avontuur, leer jou kind al spelende hoe die verkillende spelreëls werk. Die uitgangspunt is om te fokus op 'n mengsel van spelreëls en sigwoorde. Op so 'n manier kan jou kind met selfvertroue meeste woorde in Afrikaans spel.

 

Deur speletjies soos Bingo, Hang-die-Mannetjie, inkleur, klim-die-leer en dobbelsteen gooi, leer jou kind dat spelling lekker en opwindend kan wees. Selfs jy as ouer sal dit geniet.

 

Kom ontmoet die brawe ridders as jy 'n seuntjie het, of die beeldskone prinsesse, as jy 'n dogtertjie het.

 

Inhoud Deel 1

-Klinkers en medeklinkers (oop en toe klanke)

-Lettergrepe

-Kort a (Spelreël 1, Kort klank in toe lettergreep)

-Kort e (Spelreël 1)

-Kort i, o , u (Spelreël 1)

-Lang klank in toe lettergreep (Spelreël 2) 

-Lang klank in oop lettergreep (Spelreël 3) en Meervoud 

-Verdubbeling van medeklinker (Spelreël 4) en Meervoud 

MAA-deel2-INFO.png

Meisies

 

​

Seuns

Voorskool-box.png

Leer meer

Afrikaans-box.png

Leer meer

Geskiedenis-box.png

Leer meer

SAGesk.png
Frans-box.png

Leer meer

bottom of page